Ateisme
Ateïsme RSA - Glo in Jouself

 

Home
Inleiding
Artikels
Mites Geloof Bedrog
Kontakbesonderhede

DIE WAARHEID IN AFRIKAANS

Welkom by Ateïsme RSA.  Baie min van u mag onthou dat ‘n strenge sensuur op alle leesmateriaal en films in hierdie land tot 1994, toegepas was.  ‘n regering ondersteunde sensuurraad, gevul met verkrampte gelowiges, moes eers alles persoonlik besigtig, op streng geloofsvoorgeskrewe wette, of dit nie met die sedes van die geloofsoortuigings bots, of oortree nie.  Alle berigte, geskrifte of kommentaar wat nie geloof bevorder nie, was onwelkom en indien teenstrydig daarmee, was dit summier verban.  Dit was dan as ongoddelik en lasterlik geag en besit daarvan was streng vervolg.  Die regering van die dag was nie slegs ‘n diktatuur nie maar wel ‘n teokratiese [geloofs] diktatuur.  Die invloed of kennis van buite moes ten alle koste gestuit word.  Anders denkende of gelowiges was as onchristelik, ongoddelik geag.  Indien bekend, was so ‘n persoon gebrandmerk as onwelkom in die gemeenskap.  Jy is een van ons of jy is nie!  Dit geld selfs vandag nog.

Die doel van Ateïsme RSA is om die waarheid, wat in Engels wel onder “American Atheists” beskikbaar is, in maklik leesbare en verstaanbare Afrikaans tot u beskikking te stel.  Dit is dan ten doel om nuwe kennis tot Ateïsme filosofie aan u beskikbaar te stel.  Vele onderwerpe wat u mag interesseer, word vryelik aan u beskikbaar gestel.  Neem asseblief kennis dat hierdie webwerf is onder voortgesette konstruksie en nuwe toevoegings sal gereeld geskied.

Die inligting is denke-lokkend, intelligent uitdagend en onverskrokke suiwer Ateïsme.  Indien u tot hier gelees het sal u besef dat dit iets is wat u nie elders in Afrikaans sal kry nie.  U sal dit algemeen makliker vind om dit met u vriende en familie te deel.  U sal verbaas wees hoe maklik dit vir ander is om te erken dat hulle ook Ateïste is.

Gaan voort en geniet die inligting.  Dit is gratis tot u beskikking.

 Wat is Ateïsme?

1.            Ateïsme is om jou lewe sonder ‘n bonatuurlike te belewe.

2.            Elke menslike wese is geregtig tot vryheid van godsdiens, oortuiging, denke en mening.  Dit vereis ‘n regering met absolute neutraliteit tot geloof en ongeloof en volhoud van die handhawing van menseregte.  Verwys paragraaf 15 van die Handves van Regte in Hoofstuk 2 van ons Grondwet.

3.            Wetenskaplike ondersoek het bewys dat dit die beste proses is ter verbetering van die fisiese welstand van die mensdom en behoort met groot ywer en sonder toegewing wêreldwyd, nagejaag te word.

4.            Menslike ontferming en inlewing is nodig tot die verbetering van die menslike omstandighede.

5.            Rede en samewerking word benodig ten einde die uitdagings wat die mensdom voorlê, te ontmoet.

6.            Ons is verantwoordelik vir die menslike interaksie met ander diere en die behoud van die leefbaarheid van die planeet.

7.            Ateïsme werk ten gunste van die behoud van verskeidenheid eerder as die ontwyking van verbrokkeling van die mensdom.

Inderwaarheid, werk Ateïsme reg deur die wêreld op verskillende weë en bied elkeen die reg en vertroue ten einde ons lewens in persektief te lewe en die wêreld vir ons almal ‘n beter plek te maak.

Wat Ateïsme is:

‘n Ateïs is enig iemand wat geen geloof in God het nie, ongeag of die God Jehovah, Satan, Allah, Vishnu, Loki, Zeus, Ra, Osiris, Horus, of enige ander naam genoem word, waarvan daar vele is.  Ateïste omvat ‘n verskeidenheid van sosiale en politieke filosofieë.  Daar bestaan geen ateïstiese leerstelling [dogma] nie en het dus nie kategismus [vrae en antwoorde] nie.  Nogtans is die meeste van ons Ateïste omdat ons rasionaliste [rede regverdigers] is.  Dit beteken dat ons altyd vir die beste bewyse soek voordat ‘n besluit geneem word.

Wat Ateïsme nie is nie:

Ateïste glo geensins bewerings van wonderwerke, wetenskaplike skepping, intelligente ontwerp en ‘n lewe na dood [hiernamaals] nie.  Daar is gewilde wêreldse tendense wat deur ’n minderheid Ateïste aangehang word, wat geen ondersteunende bewyse het nie.  Dit word deur die meerderheid rasioneel denkende Ateïste algeheel verwerp.  Dit sluit die volgende in:

1.                  Die verskyning of bestaan van spoke of ander geeste van die dood.

2.         Reïnkarnasie [wedergeboorte] van siele.

3.      Die ontkenning van geskiedkundige gebeurtenisse, soos die massa moord [holocaust] deur die Nazi van Jode, Gypsies, homoseksuele en Ateïste gedurende die Tweede Wêreld Oorlog.

4.      Astrologie [sterre kykery] van enige oorsprong nie.

Afwesigheid van Ateïstiese Alliansie

Alhoewel ‘n “Atheist Alliance International” [AAI] wel bestaan, is nog geen verenigings in RSA gestig, in Engels of Afrikaans nie.  Die rede hiervoor is duidelik voorliggend omdat ons in RSA vasgevang is in ‘n geloofskultuur.  Sou jy dit durf waag om twyfel uit te spreek oor die bestaan van ‘n bo-natuurlike wese word jy as taktloos, onbeleef en onwelkom geag.

Die blindelingse geloofsmanie vlam altyd op in tye van nood en ellende, soos nou weer met die internasionale geldkrisis en resessie.  Almal soek ‘n kitsoplossing en ‘n goddelike wonderwerk om hulle probleem te oorbrug.  Die geloof bied nou die interne berusting tot ontsnapping van die werklikheid.  Elkeen in die massa maak ‘n klein bydrae en die prediker is die finansiële sukses van goddelike openbaring – skenkings is belastingvry en dus selfs regering ondersteund.  Dit is die moedelose ontwrigting van die gemeenskap wat hulle so vatbaar maak tot ontvlugting – suiwer verbeeldingsbedrog tot valse hoop.

Geloofsfundamentaliste is orals in die staat en staatsondersteunde instellings, munisipaliteite en selfs werkplekke ingedring om godsdiensbeoefening te laat geskied.  Dit is ‘n volgehoue poging om die handves van menseregte te herroep.  Georganiseerde gebede, geloofswaardes, moet in openbare byeenkomste teruggebring word en godsdiens in skole onderrig word met klem op skeppingsleerstelling in wetenskap klasse.  Skemas ter befondsing van verkrampte geloofsskole, selfs met staatsondersteuning, is volop.  Geloofsverkramptheid in die gebruik van voorbehoedmiddels en aborsie, bevorder ‘n wêreldwye bevolkingsontploffing wat die omgewing verwoes en uiterste mense- en diere lyding tot gevolg het.  Hierdie geesdrywende geloofspolitieke masjien word finansieel sterk ondersteun deur die geloofsvolgelinge.  Hierdie diktoriale geloof gerugsteun deur die sentiment van die stemgeregtige publiek, bedreig om almal te omvou in onkunde, onverdraagsaamheid en diktatorskap.  Ateïsme met ‘n menslike sentreerde uitkyk en werkbare benaderng tot probleemoplossing, kan hierdie terugwaartse beweging omkeer tot intellektuele groei, persoonlike vryheid en ‘n sosiale omgewings- en wetenskaplike vordering.  Dit sal nodig wees om ‘n verenigde Ateïstiese aksie op ‘n nasionale skaal te vestig.  Die vrye uitruil van kennis en insig van Ateïsme in Afrikaans is slegs die begin daarvan.  Ateïsme het ‘n kragtige onafhanklike vermoë wat uitgeleef word in die karakter van Vryheid tot ontwikkeling en ondersoek.  Die toekomstige vorming van ‘n Ateïstiese Verenging in RSA, is dus moontlik.

 

[ Home ] Inleiding ] Artikels ] Mites Geloof Bedrog ] Kontakbesonderhede ]